Free E-Book by  Reverend  David Niebuhr.

 

NOW  AVAILABLE  in both English (Translated) &  Afrikaans (original version).

As kapelaan van die nooddienste word ek daagliks konfronteer met sterfgevalle wat strek oor die hele spektrum van gelowe, en kerk grense. Ek dien tans as die President van die “Emergency Services Chaplaincy of Southern Africaasook as opleidingsbeampte vir aspirant kapelane.  

Dit is vir my fassinerend om te sien dat daar so ‘n groot hoeveelheid van ons mense, en selfs kerk leiers is, wat werklik waar geen idee het van wat die Bybel werklik sê oor die dood nie. Ek het sekerlik met meer foutiewe sienings van die dood te doene gekry as wat ek met sienings te doene gekry het wat werklik gegrond was op Bybelse beginsels. Ek kyk na verskeie onderwerpe, soos wat sê die Bybel oor Selfmoord, as 'n baba sou sterf, moord, hoe om die dood aan 'n kind te verduidelik, en meer...

In die eerste plek poog ek met hierdie boek om die leser te help ondersoek instel oor wat hy of sy werklik glo aangaande die dood, en om hul siening te toets teen wat ons uit die Woord van God leer.  

In die tweede plek wil ek die leser help om toegerus te word om ander by te staan wanneer hulle dalk ‘n geliefde moet afstaan aan die dood. In die boek gaan ek poog om die leser te wys wat soms die verkeerde dinge is om te sê en doen, en wat werklik behulpsaam mag wees vir iemand wat deur die trauma gaan om ‘n geliefde te moes afstaan aan die dood. 

Ek wil in die derde plek ook poog om die leser te help voorberei vir daardie dag wanneer dit die leser beurt sal wees om die doderyk te moet binnegaan. Dus kyk ons na hoekom ons die dood vrees, en hoe ons die vrees kan oorwin deur kennis van die dood, en geloof sekerheid. Ek is beslis nie ‘n taalkundige of skrywer nie, maar glo tog dat hierdie boek wel ‘n 'n doel het as u die taal, tik en spelfoute kan oorsien.  

- Ds. David Niebuhr

Laai gerus die boek gratis af deur op die onderstaande prent te "click" 

 

 

Please Check out my "LINKS"  page to sites that either is using my book in their study materials, or making my book available on their sites. 

Please support them.

 

______________________________________

 

ENGLISH  Version !

As a chaplain in the emergency services, I have been confronted on a daily basis with deaths that extend over the entire spectrum of beliefs and church boundaries. I presently serve as the President of the Emergency Services Chaplaincy of Southern Africa in addition to being the training officer for aspirant chaplains. I find it fascinating that there is such a great number of people, and even church leaders, that truly have no idea of what the Bible really says about death. I have certainly come across more people with incorrect ideas about death than I have come across with a correct understanding that is truly based on biblical principles. To start with, I will be attempting to help you in examining your views on you really believe about death, and to test your understanding of death, against what we learn from the word of God.

Then, I wish to equippe you in being able to assist others when they lose a loved one through death. In this book I will try to show you some of the wrong things that should not be done or said as well as to show you some of the things that can really be helpful to someone that is going through the trauma of losing a loved one.

Lastly, I want to try and assist you to prepare for the day when it will be your turn to enter the realm of death. Therefore, we shall look at the reasons for fearing death, and how we can overcome that fear by having knowledge about death, and the assurance  provided by our faith.

May God also use this book to help you to grow in your knowledge and love of Him. 

-          Rev. David  Niebuhr.

Please feel free to download you FREE copy of my book by clicking on the image below!